• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

WINTER INTERMITTENT FASTING 3

 

Wil jy maklik EN LEKKER dieet?
Vet verbrand?
En spiere bou en behou?
IN DIE KOUER RUSTIGER MAANDE

Kom vat La Ferm se hand met ons WINTER Intermittent Fasting Vasbyt wat 10 MEI 2021 afskop en sien vinnig resultate met ’n seisoen eetplan en hulpmiddels.

Die eetplan vir 21 dae is ’n onderbroke vastingsdieet waar jy afwisselend vir 2 van die 7 dae in die week, met tydsintervalle, gaan vas! Jy het reg gelees – jy gaan op ’n gesonde manier vas en vet verbrand!

Jy gaan ’n volledige eetplan kry met inkoplielys vir 21 dae wat vir die koue dae aangepas is, uitgewerk deur ons dieetkundige Izette Faul. Ingesluit by die program is ook ‘n oefenplan en jy kan ook “ONLINE” oefen saam met Marietjie Shepherd ons Biokinetikus.

Registreer nou vir die Vasbyt!!

Teen slegs R480 sluit die Vasbyt in ‘n 3-weke eet- en oefenplan en GRATIS AANLYN OEFENINGE. BONUS: Jy word persoonlik gemonitor en ontvang gereelde terugvoer en ondersteuning.

LA FERM HET SPLINTER NUWE PRODUKTE OM JOU VASBYT NOG MEER SUKSESVOL TE MAAK. DIT KAN ADDISIONEEL BESTEL WORD.

  1. THERMOLEAN – GEWIGSBEHEER AANVULLING (CONTAINS: 5-HTP, RASPBERRY KETONE, GARCINIA CAMBOGIA)
    ’n Vuurwarm produk wat vetverbranding aanhelp.

  2. GLUTAMINE & BCAA 50-50 (ANTI-KATABOLIES, HERSTEL & VERSKAF ENERGIE)

Ons kan meer inligting stuur sou jy belangstel in die produkte. Stuur epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..


Hoe werk die Vasbyt?

Dit word genoem “Intermittent Fasting". Jy volg vir vyf dae in die week 'n gesonde, gebalanseerde eetplan. En vas dan vir twee agtereenvolgende dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie – 'n tipiese vasdag behels twee maaltye en 'n happie tussen in. Jou totale kilojoule inname vir die dag is 'n verminderde 2520 kJ’s.

Ingesluit is ’n super ferm maak oefenplan wat jy by die gimnasium of huis kan voltooi. Transformeer jou lyf in 21dae.

Ons Vasbyt duur slegs 3 weke – net wat jy nodig het om die verskil te ervaar!

 

Voordele van die plan:

  • Die geheim tot gewigsverlies is dat jou lyf na slegs 'n paar uur die meganismes afskakel wat vet stoor. En dié aanskakel wat vet verbrand. Jy leer dus jou lyf om vet te verbrand!
  • Verminderde risiko vir hartsiektes: Onderbroke vasting lei tot verlaging van LDL-C (slegte cholesterol) asook verlaging in bloeddruk.
  • Verminderde risiko vir sekere kankers a.g.v. verlaging van Insulien-agtige groeifaktor 1 (IGF-1)
  • Verbeterde insulien sensitiwiteit: Vas kan ook 'n uitwerking hê op die vlakke van die hormoon insulien – veral as verfynde suikers en stysels uitgeskakel word. Hoё insulienvlakke dra daartoe by dat die sel-omgewing verander. Selle verdeel dan te veel en verkeerd, wat weer bydrae tot oorgewig. Hoё insulienvlakke gaan ook gepaard met insulienweerstandigheid. Dis iets waaraan 80% van oorgewig mense lei en die voorlooper van Diabetes.
  • Verandering in liggaam samestelling: Onderbroke vasting lei daartoe dat jou liggaam vashou aan spiermassa en vet verloor – presies wat ons wil hê!
  • Leef langer en voorkom siektes.

Wie kan NIE die vasbyt doen nie?
Die Vasbyt is nie geskik vir kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker vlakke nie.

Maar vir die wat ’n drie-weke uitdaging wil laat tel en baie vet wil verbrand – KLIEK HIER OM TE REGISTREER.

BONUS! Nooi ’n vriendin om saam in te skryf en jy staan ‘n kans om ’n prys te wen.