• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

 shakeitoff

La Ferm se suksesvolle Shake-it-Off boks Vasbyt is hier!

 Het jy dalk nog so paar kilogramme om af te skud voor die eerste skoolvakansie? Is jy ’n besige ouer of werkende persoon wat gewig wil verloor en gesond eet en oefen gemaklik by jou besige skedule wil inpas? Kort jy dalk net daardie laaste bietjie motivering om die eerste stap na ’n ligter leefstyl te neem?

Hoe dit ook al sy – La Ferm het die oplossing vir jou!

 Op 18 Februarie 2019 begin ons 21-dag Shake-it-Off Vasbyt uitdaging: die plan het homself al oor en oor as suksesvol bewys en is gefokus op gewigsverlies, met al die voordele van die gesonder, ligter jy.

Maar ook maklik en gerieflik – want ons gaan jou help om hierdie kopskuif te maak! Met ons gewilde “verloor-gewig-boks” wat jou baie tyd en geld gaan spaar! Verskeie La Ferm produkte is ingesluit – al wat jy moet doen is om VARS produkte by te voeg.

smallbox

Hierdie Shake-it-off Boks VASBYT kos slegs R1580 met porsies vir ’n vrou (R200 addisioneel vir porsies vir ’n man, dus slegs R1780) en sluit in:

  • Die 21-dag eetplan met inkopielys en resepte – elektronies vir jou gestuur per e-pos, gerieflik en maklik byderhand (waarde R550)
  • Effektiewe oefenprogram – met videos op jou foon in ons whatsapp motiveringsgroep en ’n program waarvolgens die videos afwisselend gedoen word (waarde R550)
  • Professionele kennis en deurlopenede motivering met jou eie Dieetkundige en Biokenetikus "on call", altyd daar vir jou (waarde priceless)
  • En ook Die BOKS (ter waarde van meer as R1380) wat insluit:
    • Verskeidenheid lae GI ontbyt opsies
    • Neute en stafies as happies vir snack tye
    • Ferm UP shake vir jou middagetes – reeds in 30g porsies verpak
    • Oefenrek om te gebruik tydens jou oefensessie
    • Omega 3 aanvullings en ’n heerlike Sportron tee

 pineapples

Dus 'n totale waarde van meer as R2480 vir slegs R1580! SPAAR R900!

Die boks kan jou lewe verander! Ons pak al die droë, nie-bederfbare produkte - presies afgemeet en in pakkies verpak vir 21 dae – alles om die Vasbyt vir jou geriefliker te maak en nog ligter te laat verloop.

As jy spesifieke navrae het – stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Om vir die vasbyt te registreer – kliek hier. Onthou dat ons 7 dae nodig het om die boks te koerier – registreer dus sommer vroeg sodat ons genoeg tyd het om jou pakkie betyds by jou te kry.

Kom vat ons hand en leef ligter met ons unieke 21-dae Shake-it-Off Vasbyt.