• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

reg

La Ferm se suksesvolle Shake-it-Off boks Vasbyt is terug – op aanvraag! Met 'n hersiende eetplan gaan die Vasbyt wat op Maandag, 18 Februarie 2019 afskop, selfs nog geriefliker wees! Hierdie Vasbyt is spesifiek uitgewerk om 'n leefstyl aanpassing makliker te maak met die boks wat vooraf vir jou gepak word.

LET WEL: ons het 'n registrasie vorm per Vasbyter nodig omdat elke Vasbyter gemonitor word en terugvoer kry en dus die volle vasbyt prys betaal. Indien 'n Vasbyter 'n ekstra boks vir iemand in haar/sy gesin bestel omdat die persoon die eetplan gaan volg, maar nie gemonitor gaan word nie, kan La Ferm nie aanspreeklik gehou word vir enige gevolge nie en word die eetplan op eie risiko gevolg.

Onthou dat ons tussen 3 en 7 dae benodig om die boks vir jou te koerier en jy gaan die boks nodig hê om met die Vasbyt te begin. Betaal dus sommer dadelik om teleurstelling te voorkom.

Moet ook nie van die "captcha" vergeet aan die einde van die vorm nie - dit is net vir sekuriteit sodat ons weet ons vorm word nie deur robotte ingevul nie!

Beantwoord die volgende vrae MET JA OF NEE    

As die meeste van jou antwoorde op die vrae NEE is kan jy voort gaan om op eie risiko die La Ferm Lewenstyl programme te volg.

Deur die vrywaring te aanvaar verklaar jy ook dat:
Ek verstaan en gee toestemming dat La Ferm my in raadgewende hoedanigheid sal help ligrakende gesonde eetgewoontes, oefeninge asook aanvullings en nie terapeuties in behandeling sal optree nie. Ek neem my voor dat nie ek of my familie/regsverteenwoordigers/ander persone wat namens my mag optree enige wetlike stappe teen ‘La Ferm’ of enige van die individue sal neem indien ek siek sou word, of nie die gewenste uitkoms sou bereik nie. Hiermee aanvaar La FERM geen verantwoordelikheid vir enige iets wat tydens die eet en oefenprogram opgedoen of ervaar word nie. Laaste net ’n versoek dat alle inligting La FERM se eiendom is dat julle ons eerder sal bemark as om net aan te deel met iemand. Ons kan net voortbestaan as jul ons help. Baie dankie by voorbaat.

Powered by BreezingForms