• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

Kry jou lyf terug - Winterplan

Druk

R 880,00
Beskrywing

Wil jy graag jou lyf terug hê en weer soos jouself voel? Of het jy jouself en jou gesondheid laat agteruit gaan en wil net weer balans terugbring in jou lewe? Dit is somer en jy wil die swaar van die winter afskud en varser en ligter leef! Of die beskerming van die lae winterklere gebruik om stil-stil gewig te verloor...
 
Dan is hierdie die perfekte pakket vir jou! Alles in een: 'n somer of winter eetplan met 'n skommel asook oefen DVD.

Begin met ons 21-dag verloor gewig eetplan: Die eetplan is wetenskaplik beproef en uitgewerk deur Dieetkundige Izette Faul. Dit is 'n volledige 21 dag eetplan (met 'n inkopielys en heerlike resepte) wat gemaklik by jou lewenstyl gaan inpas (daar is planne vir die winter of die somer beskikbaar).

Saam met die eetplan oefen jy in die gemak en privaatheid van jou huis met die "Wees Ferm Wees gesond DVD 1": Hierdie DVD is deur Biokinetikus Marietjie Shepherd ontwikkel sodat jy jouself kan transformeer. Dit is 'n maklike en lekker oefen program wat toelaat dat jy daai nuwe fermer lyf vinnig gaan sien - maak nie saak wat jou beginpunt is nie.
 
Ingesluit by die pakket is ons perfek geformuleerde Ferm-Up skommel waarmee jy een ete vervang. Ons weet om te werk en besig te wees is tydrowend en om 'n ete oor te slaan lei tot moegheid, lae bloedsuiker en oorgewig - geen ete word vinniger gemaak as ons heerlike skommel nie. Dis die ideale maaltydvervanger vir gewigsverlies of sommer net vir jou gerief. As jy nie middagete tuis is nie of nie graag ontbyt eet nie, vervang een ete per dag met hierdie top verkoper skommel - dit is suiker vry, laag in vet en heerlik! Dit het die ideale koolhidrate tot proteïenverhouding om jou versadig te hou en die cm’s te laat kwyn. Beskikbaar in aarbei, karamel of sjokolade geur en kan met water of melk aangemaak word. 

Sluit die volgende in:

  • 3 weke eetplan met inkopielys en maklike resepte
  • 1x 1kg FermUP skommel (kies tussen aarbei of caramel geur)
  • Wees Ferm Wees Gesond DVD 1