• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

Tienerplan

Druk

R 480,00
Beskrywing

 

Ons kan jou gesin help om gesonde tieners op die lewenspad toe te rus:

Vir jou as ouer is dit belangrik dat jou kind/ers gesond eet maar jy het dalk leiding nodig - of julle beplan aan jou dogter se matriekafskeid rok en sy wil paar kg verloor. Wat ook al jou motivering, hierdie 2 weke Tienerplan is die oplossing vir jou en jou tiener!

Die program sluit alles in wat julle sal nodig kry - die eet- en oefenplan asook 'n motiveringskaart.

Op hierdie ouderdom, is voeding baie belangrik. Dit is die brandstof vir die groeiende en veranderende liggaam asook om gesonde eetgewoontes sommer al vroeg te vestig. Besige tieners het gesonde happies nodig by die skool om hulle energie 'n hupstoot te gee asook breinkos om hulle te help met konsentrasie asook leer vermoё.

Vir die tiener: Wanneer puberteit aanbreek, is dit nie net jou uiterlike wat verander nie, jou voedingsbehoeftes en eetgewoontes is ook anders. Tieners kies altyd die maklikste weg uit - en so word geriefs- en kitskos 'n gunsteling maar is tog so ongesond! Jy is nou volwasse genoeg om te help in die kombuis asook met inkopies en dis belangrik om te begryp waarom goeie eetgewoontes so belangrik is.

Ons het hard gewerk om 'n heerlike VARS eetplan en resepte en FLUKSE oefenplan saam te sit om jou te motiveer!

Sluit in:

  • Eetplan met inkopielys en resepte
  • Effektiewe oefenplan
  • Motiveringskaart