• Image1LafermSite.jpg
  • Image5LafermSite.jpg
  • Image6LafermSite.jpg

Gesonde Hart & Cholesterol

Druk

R 700,00
Beskrywing

 

As jy hoë bloeddruk of cholesterol het, 'n pre-diabeet is of selfs al 'n hartaanval gehad het gaan die plan vir jou werk.

La Ferm kan jou help om 'n lewenstyl te volg wat jou hart weer optimaal sal laat klop en cholesterol vlakke sal verlaag. Dis 'n lewenstyl eetplan waarmee jy sal kan volhou!

BONUS: Natuurlik gaan ons jou gewig laat verloor as jy nie reeds op jou ideale gewig is nie, want obesiteit, onaktiwiteit en rook vererger die die risiko op enige hartvatsiektes. Ons werk met 'n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy 'n klere grootte of meer in slegs 21 dae kan verloor (3-8 kg), steeds met die voordele van cholesterol beheer en gewig wat jy gaan AFHOU. Ons leer jou 'n gesonde manier van eet en bied jou 'n lewenstyl wat na die 3 weke kan aangaan sodat jy oor 3 maande 'n normale lipied profiel kan hê met 'n verminderde risiko vir 'n hartaanval en beroerte.

Hierdie program duur vir 3 weke en die pakket sluit in:

  • 10 punt behandelingsplan
  • 21-dae eetplan met inkopielys en resepte
  • Oefenprogram bestaande ui strekke en veilige oefeninge
  • Omega 3 aanvuling

Hoekom Omega 3?

Omega 3 vetsure is 'n essensiёle vet, dit beteken ons liggaam vervaardig dit nie en ons moet dit deur ons dieet inkry. Die moderne Westerse dieet het 'n groot tekort aan hierdie vetsuur. Omega 3 speel 'n belangrike rol in die effektiewe funksionering van ons liggaame en het soveel voordele:

  • Omega-3 vetsure – spesifiek DHA – speel 'n belangrike strukturele rol in die brein en die retina van die oë.
  • Bloed trigliseriedes: Omega-3 aanvullers kan die hoeveelheid trigliseriedes in jou bloed noemenswaardig verlaag.
  • Kanker: Die inname van kosse wat hoë konsenstrasies het van Omega-3 is al verbind met 'n verlaagde risiko vir kolon, prostaat en borskanker.
  • Vetterige lewer: Aanvullers met Omega-3 kan help om ontslae te raak van oortollige vet in die lewer.
  • Depressie en angs: Omega-3 aanvullers (soos vis olie) kan help om simptome van depressie en angs te verminder.
  • Inflammasie en pyn: Verminder inflammasie en simptome van verskeie outo-immune siektes soos rheumatoïede artritis.  Dit is ook baie effektief om menstruale pyn te verminder.
  • ADHD: Verbeter verskeie simptome.
  • Asma: Kan asma voorkom in kinders en jong volwassenes.
  • Baba ontwikkeling: DHA wat tydens swangerskap en borsvoeding geneem word kan jou baba se intelligensie en oog gesondheid verbeter.
  • Dimensie: Sommige studies toon 'n verband tussen 'n hoër omega-3 inhoud en 'n verlaagde risiko van dimensie en Alzheimer’s.

As jy dus nie van vis of ander bronne van omega-3 hou nie, moet jy sterk oorweeg om 'n aanvuller te gebruik.  Dit is goedkoop en effektief! La Ferm se Omega 3 (vervaardig deur Apex Nutrition) is afkomstig van salm olie. Dit bevat hoё vlakke van EPA & DHA in die regte verhouding tot mekaar. As jy die aanbevele 2 kapsules daagliks neem kry jy 500mg EPA & DHA in soos aanbeveel deur Wêreld Gesondheids Organisasie.

Maak vandag die kopskuif en vat ons hand op die pad na 'n gesonder hart en cholesterol vlakke.

Sluit in:

  • 10 punt behandelingsplan
  • 21-dae eetplan met inkopielys en resepte
  • Oefenprogram bestaande uit strekke en veilige oefeninge
  • Omega 3 aanvuling (90 kapsules)