• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg

 

 

La FERM het het ontstaan omdat ons dieet, oefen en gesond leef vir jou prakties en volhoubaar wil maak. Met ons 3 tot 5 weke uitdagings wat ons 'n "Vasbyt" noem, gee ons nie net vir jou 'n eetplan en oefenprogram nie, maar ons vat ook jou hand en gee deurlopend deur die Vasbyt advies en motivering om van die leefstyl verandering 'n sukses te maak.

Ons doen dit al vir 3 jaar en baie mense se lewens is al aangeraak en omgekeer na 'n gesonder, ligter lewe.  Jy kan dit ook ervaar.

Met 'n Vasbyt gaan jy vir 3 weke volgens 'n oefen program en eetplan leef wat daarop gefokus is om jou te help gewig verloor, maar ook om gesond te word. Ons deel ons kos fotos en motiveer en inspireer mekaar.

Let wel dat ons "Shake-it-Off Box" soortgelyk aan 'n vasbyt is, maar met die verskil dat jy al die inligting eenmalig in jou boks kry en dan die drie weke eetplan op jou eie volg en nie deel van 'n groep is waar daar deurlopend inligting gedeel word nie en jy ook nie gemonitor word deur die proses nie.

Die Vasbyt-program sluit in:

  • 'n Eetplan met 'n inkopielys en die nodige resepte wat weekliks vir die duur van die Vasbyt elektronies aan jou gestuur word op e-pos of whatsapp.
  • Effektiewe oefen program vir die duur van die Vasbyt, waarmee jy maklik kan volhou. Die program bestaan uit 'n oefenkaart en/of video’s wat per epos of whatsapp gestuur word.
  • Nodige aanvullings, lyf- of kos produkte, afhangende van die Vasbyt - daardie ietsie ekstra wat die verskil maak (ons probeer altyd om iets nuuts te doen en die program interessant te hou!).
  • Professionele kennis en deurlopende motivering per Whatsapp groep - jou eie dieetkundige en biokinetikus, on call, heeltyd daar vir jou!


Die eetplanne is wetenskaplik, doeltreffend en glad nie volksvreemd nie. Ons werk met 'n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy 'n kleregrootte of meer (3-8 kg) kan verloor in 3 weke. Maar steeds met baie ander voordele vir jou gesondheid en gewig wat jy gaan AFHOU.

Oefen programme is prakties, effektief, opwindend en uitdagend. Jy kan dit kombineer met jou bestaande oefenplan sou jy reeds oefen en dis maklik om deel van jou leefstyl te maak.

La Ferm sorg vir ekstra hulpmiddels om die plan optimaal doeltreffend vir jou te maak - die "X-Faktor". Ons help jou om 'n kopskuif te maak oor kos, oefen en gewigsverlies en daarom doen baie van ons kliënte ons programme oor en oor omdat dit 'n lewenstyl is waarby hul kan baat en nie 'n "quick fix" nie. 

Kom vat gerus ons hand en skryf in vir ons volgende immergewilde Vasbyt!

Ons begin weer vroeg 2019 met nuwe vasbyte:

 

  • Vir spesifieke navrae, stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg

Waar het u van ons gehoor?







Powered by BreezingForms