• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg

Jan2019Vasbyt

 

Dit is vakansie tyd en ons almal wil net ontspan en minder gejaagd wees.  Maar tog wil ons ook weet dat ons nie die volle nuwe jaar gaan betaal vir die oordadigheid van die lekkerte van vakansietyd nie!

 

Kom vat La Ferm se hand met ons Sakpas 5:2 Vasbyt en sien vinnig resultate – maak daardie skuif wat nodig is om 2019 ligter te leef… Slegs 3 weke wat jy kan laat tel!

Die 5:2 Vasbyt is ’n onderbroke vastingsdieet waar jy afwisselend vir 2 van die 7 dae in die week, met tydsintervalle, gaan vas! Jy het reg gelees – jy gaan op ’n gesonde manier vas en vet verbrand!

En ons het ’n nuwe sakpas formaat, spesiaal vir Januarie wanneer die begroting nog so bietjie knyp. In plaas van dat ons ‘n voorgeskrewe spyskaart vir die 3 weke gee, gaan hierdie eetplan opsies gee vir die nie-vas, vas, en naweek dae. Dit beteken dat jy self sal kies watter dag se spyskaart jy verkies en ook die dae kan herhaal waarvoor jy nog bestanddele in jou yskas oorhet. Sakpas met ’n ekonomiese inkopielys en geen vermorsing!

kiwi 459d828e d102 47fe a8b9 0f317957c717 600x

Registreer nou vir die Vasbyt en kuier met gemoedsrus die vakansie!

Teen 2018 se prys, kos die Vasbyt slegs R680 en sluit jou 3-weke eet- en oefenplan in. Addisionele produkte kan ook teen spesiale pryse aangekoop word deur dit op die registrasie vorm aan te dui.

Hoe werk dit?

Dit word genoem die "5:2 afwisselende vastings dieet." Jy volg vir vyf dae in die week 'n gesonde, gebalanseerde eetplan. En vas dan vir twee agtereenvolgende dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie – 'n tipiese vasdag behels twee maaltye en 'n happie tussen in. Jou totale kilojoule inname vir die dag is 'n verminderde 2520 kJ’s.

Ons Vasbyt duur slegs 3 weke – net wat jy nodig het om die verskil te sien!

Voordele van die 5:2 Onderbroke Vastings eetplan:

  • Die geheim tot gewigsverlies is dat jou lyf na slegs 'n paar uur die meganismes afskakel wat vet stoor. En dié aanskakel wat vet verbrand. Jy leer dus jou lyf om vet te verbrand!
  • Verminderde risiko vir hartsiektes: Onderbroke vasting lei tot verlaging van LDL-C (slegte cholesterol) asook verlaging in bloeddruk.
  • Verminderde risiko vir sekere kankers agv verlaging van Insulien-agtige groeifaktor 1 (IGF-1)
  • Verbeterde insulien sensitiwiteit: Vas kan ook 'n uitwerking hê op die vlakke van die hormoon insulien – veral as verfynde suikers en stysels uitgeskakel word. Hoё insulienvlakke dra daartoe by dat die sel-omgewing verander. Selle verdeel dan te veel en verkeerd, wat weer bydrae tot oorgewig. Hoё insulienvlakke gaan ook gepaard met insulienweerstandigheid. Dis iets waaraan 80% van oorgewig mense lei en die voorlooper van Diabetes.
  • Verandering in liggaam samestelling: Onderbroke vasting lei daartoe dat jou liggaam vashou aan spiermassa en vet verloor – presies wat ons wil hê!
  • Leef langer en voorkom siektes.

 

Wie kan NIE die vasbyt doen nie?

Die Vasbyt is nie geskik vir kinders, swanger vroue, vroue wat borsvoed, diabete, bejaardes en mense met lae bloedsuiker vlakke nie.

Maar vir die wat ’n drie-weke uitdaging wil laat tel en baie vet wil verbrand – kliek hier om te registreer

Moet dit nie misloop nie – wees deel van die opwindende Vasbyt!

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg