• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg

foto 87Izette Faul (Dieetkundige) en Marietjie Shepherd (Biokinetikus) is die trotse eienaars van La Ferm.

As professionele gesondheidskonsultante is een van die belangrikste aspekte vir ons dat mense gesond moet wees en optimaal kan funksioneer en so 'n verskil kan maak in ander se lewens.

Ons ondersteun die publiek in die proses om 'n gesonde lewenstyl te bereik en te behou, deur hulle te motiveer om gereeld fisies aktief te wees, gesond en vars te eet en drink. Ons raak ook punte aan soos aanvullings (voedselvorm supplementasie), detoksifisering, positiewe denke asook hoe om te ontspan.

La Ferm bied 'n verskeidenheid gesondheidshulpmiddels en motiveer gereeld by ekspo’s, praatjies en vrouekampe.

Een van ons suksesvolle metodes waarmee ons mense help om op die pad na 'n gesonde leefstyl te kom is ons Vasbyt uitdagings. 'n Vasbyt is 'n 3 tot 5 weke uitdaging waar ons gesond eet en oefen en ook gereeld meet en weeg - met Marietjie en Izette wat deurentyd terugvoer gee en motiveer en jou help om jou doelwitte te bereik. Kliek hier om meer te lees oor ons Vasbyte.

Hierdie webblad bevat 'n opsomming oor alles wat ons doen en aanbied, maar volg ons ook op facebook vir ekstra inligting en motivering!

Kliek hier om meer te lees oor Marietjie en Izette.

Kom vat ons hand

 

 

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg