• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg


  • Wil jy jouself op die bank opkrul met ’n lekker beker warm sjokolade wanneer die winterkoue nader kruip?
  • Soek jy dalk so bietjie motivering om so paar ekstra rolletjies om jou middel af te skud terwyl die sondebokke onder die lae klere bedek is?
  • Wonder jy dalk of dit hoegenaamd moontlik is om gesond te leef en gewig te verloor wanneer dit so koud en die dae so kort is?

Kom ons wees nou maar eerlik met mekaar – dis nie maklik om gesond te leef in die koue winters maande nie. Ons wil warm comfort food eet en hoe nou gemaak as ons nie die gesonde gewoontes van die somer-maande wil verleer in die winter nie?

Kom vat ons hand met La FERM se winter ! Met ’n smul lekker eetplan en vuurwarm oefenplan wat jou verseker deur die winter gaan laat Lafermproduct12gewig verloor!

By La Ferm is dieet nie koue slaaie en smoothies nie – maar ’n gesonde leefstyl waarmee jy sal kan volhou. Dus is ons Winter boks ook ‘n volhoubare leefstyl pakket wat etes geskik vir die winter insluit – nie koue slaaie en vrugte smoothies nie.

Die pakket sluit ’n eetplan in met heerlike winter dieetkos wat kg en cms kan laat wegsmelt. Sien uit na soppe, warm suikervrye sjokolade voor die kaggel, biltong happies en springmielies! Dan kan dit mos net lekker wees om maklik gewig te verloor!

Maar meer nog – die meeste van hierdie eetplan se droë bestanddele is gerieflik verpak in ’n boks!
Ons stel met trots bekend La Ferm se Shake-it-Off Winter Boks!

Vir sommige van ons is die winter ’n gevaarlike tyd sover dit gewigsbeheer aangaan omdat ons soveel makliker meer eet en minder aktief raak – juis daarom is ons praktiese eetplan en oefenprogram ideal om hierdie winter eerder in jou guns te laat draai en eerder gewig te verloor onder die lae wintersklere.

Met die winter Shake-it-off Boks se vuurwarm oefenplan gaan jy verseker jou metabolisme aan die brand steek en verseker wees van ’n ferm lyf vir die lente!

Hoe dit ook al sy – La Ferm het vir jou die perfekte, bekostigbare plan: die Winter Shake-it-Off Boks wat op 4 Junie 2018 afskop!

Teen slegs R1 480 vir ’n boks met porsies vir ’n vrou en R1 680 vir ’n boks met porsies vir ’n man is jy deel van die Vasbyt - en dit sluit in:Lafermproduct14

  • Die 21-dag eetplan met inkopielys en resepte – elektronies per epos gestuur, gerieflik en maklik byderhand (waarde R550 per persoon)
  • Effektiewe oefenplan – elektronies gestuur (waarde R550 per persoon)
  • Professionele kennis en deurlopenede motivering met jou eie Dieetkundige en Biokenetikus "on call", altyd daar vir jou (waarde priceless)
  • Jou keuse uit een van La Ferm se oefen DVD's – gratis (waarde R150)
  • Asook die BOKS (ter waarde van R1 400) wat insluit:
    • Verskeidenheid Lae GI ontbyt opsies
    • Happies vir snack tye – neute, stafies, biltong en springmielies
    • Ferm UP shake vir jou middagetes – reeds in porsies verpak
    • Sop, warm vrugteslaai mengsel en warm sjokolade!
  • Posgeld na een adres in Suid Afrika

Vir spesifieke navrae – stuur 'n e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

English version coming soon.

 

UITVERKOOP

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg