• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg

Waarom Oefen?

Om te oefen is nie almal se gunsteling tydverdryf nie. Nie almal hou van die sweet en swaarkry nie.  Dan is daar nog die tydfaktor en watter tipe oefeninge regtig vir jou werk. Maar tog is oefen so belangrik omdat ons lewenstyle so passief geword het - as ons nie in die kar sit nie, sit ons by die rekenaar vir werk of voor die televisie vir ontspanning.

La Ferm wil jou hand vat en oefen vir jou prakties, effektief en opwindend maak. Omdat dit op DVD is, oefen Marietjie en haar span saam met jou sodat jy nie allen oefen en sweet nie! Jy kan dit kombineer met jou bestaande oefenplan sou jy reeds oefen en dis maklik om deel van jou leefstyl te maak as dit nog nie deel van jou daaglikse roetine is nie.

Vir beste resultate, moet jy die oefen program ook saam met 'n gebalanseerde dieet volg - lees meer onder ons Leefstyl Pakkette. Jy kan ook deelneem aan ons Vasbyte waar daar elke keer nuwe eetplanne en oefenprogramme gedeel word en Marietjie en Izette ook jou vordering persoonlik monitor en terugvoer gee. Lees meer onder Wat is 'n Vasbyt.

 

Die Oefen Program DVD's op La Ferm se rak:

DVD1.1DVD 1: ’n oefenprogram vir oud en jonk

Alle vroue wil gesond en goed voel om ander te kan dien - daarom sorg La Ferm met hierdie DVD dat jy ferm, gesond en energiek voel om 'n vol lewe te leef. Die DVD bevat 2 verskillende oefenprogramme van net 30 minute elk.

Let wel: jy gaan 2 hand gewiggies tussen 0.5 en 2kg ekstra nodig hê.

Kliek hier om meer te lees


DVD1.2DVD 2: oefenprogram met 'n bal en rek

LaFerm se tweede oefen DVD bied die ideale oefen riglyne en motivering om by jou versameling te voeg. Jy gaan 'n oefen bal nodig hê - die rek word by die DVD ingesluit. Die DVD sluit 2 oefenprogramme van net 15 of 30 minute elk in.

Let wel jy het 'n regte grootte oefen bal nodig vir die program - wanneer jy gemaklik op die bal sit, moet jou bene 90º gebuig wees.

Kliek hier om meer te lees


DVD1.3DVD 3: Oefenprogram vir ’n gesonde Swangerskap

LaFerm se DVD 3 is gefokus op swanger vroue maar is geskik vir enige ander persoon wat riglyne en 'n oefen plan soek vir 'n fermer en gesonder liggaam.

Wanneer jou tyd beperk is kan jy kies uit die afdelings wat jy wil doen, maar die ideaal is om die hele 40 minute program daagliks te voltooi.

Kliek hier om meer te lees

 


DVD’s kos slegs R120 (posgeld uitgesluit)

  • DVD 1 en 2 kan ook saam met ons "Kry jou Lyf terug" leefstyl pakkette bestel word - daar is onderskeidelik 'n plan vir die somer en die winter
  • DVDs kan ook as deel van ons Swangerskap en/of Borsvoeding leefstyl pakkette aangekoop word waar Izette ook eet advies gee.


Spesiale aanbod:

DVD BoxesDie volle stel van 3 Wees Ferm Wees gesond DVD's kan as pakket teen slegs R280 gekoop word.

 

Bestel nou jou DVD’s en vat ons hand na 'n gesonder, ligter en fermer jy!

 

 

 

 

Kom vat ons hand

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg