• Cover-Website-Laferm2-copy.jpg

Leefstyl pakket page image3Wat is 'n Leefstyl Pakket?

By La Ferm het ons 'n holistiese, gebalanseerde benadering tot 'n gesonde leefstyl waar ons gesond eet en oefen kombineer en op 'n praktiese, volhoubare manier nie net jou leefstyl verander nie, maar ook jou hand vat op die pad na die gesonder, fermer en ligter jy!

'n Leefstyl Pakket is 'n samestelling van die produkte wat La Ferm ontwikkel het wat spesifieke behoeftes aanspreek. Elke pakket bevat 'n eetplan en oefenprogram en/of addisionele produkte, afhangende van die spesifieke behoefte wat ons aanspreek.

VARS: Die eetplanne is wetenskaplik, doeltreffend en glad nie volksvreemd nie. Jy kan uitsien na heerlike familie-vriendelike resepte. Ons werk met 'n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy 'n kleregrootte of meer kan verloor (3-8 kg) in 3 weke. Maar steeds met baie ander voordele vir jou gesondheid en gewigs wat jy gaan AFHOU.

FERM: Oefenplanne is prakties, effektief, opwindend en uitdagend. Jy kan dit kombineer met jou bestaande oefenplan sou jy reeds oefen en dis maklik om deel van jou leefstyl te maak as dit nog nie deel van jou daaglikse roetine is nie.

VERSKIL: Die La Ferm verskil behels verskeie addisionele produkte en aanvullings wat die x-faktor in die proses van jou leefstyl verandering gaan wees. Met Izette (Dieetkundige) en Marietjie (Biokinetikus) se praktiese raad en professionele advies vat La Ferm jou hand en stap die pad saam met jou.

 

Die Leefstyl Pakkete op La Ferm se rak:

  1. Kry jou lyf terug - somer of winter plan

  2. Kolon Detox

  3. Gesonde Hart en Cholesterol

  4. Wees gesond Swanger

  5. Borsvoeding

  6. Tiener eetplan

  7. 5:2 Onderbroke Vastings dieet

 

Kry jou lyf terug

223344455
La Ferm se "Kry jou lyf terug" pakket vir die somer of winter is die ideale pakket as jy net weer jou lyf wil terugkry en soos jouself voel. Jy kan weer gesonder leef en balans terugbring in jou lewe.

Die pakket sluit in:

  • 3 weke eetplan met inkopielys en maklike resepte
  • 1x 1kg FermUP skommel (kies tussen aarbei, karamel of sjokolade geur)
  • Wees Ferm Wees Gesond DVD 1 of 2

Die eetplan is beskikbaar in 'n weergawe vir die somer asook vir die winter.

Kliek hier om meer te lees.

 

Kolon Detoks:

tummyheart
As jy wil seker maak jou kolon is gesond, is hierdie detoks pakket vir jou. La Ferm wil jou help om oor 3 weke ontslae te raak van enige simptome geassosieer met IBS (Irritable Bowel Syndrome) of Spastiese Kolon (diarree, hardlywigheid, winderigheid, opgeblasendheid).

Hierdie 21-dae pakket sluit in:

  • 10 punt behandelingsplan
  • 3 Weke eetplan met inkopielys asook resepte
  • Masseer pakket (die pakket sluit 'n visuele kaart met masseer tegnieke, masseerborsel & vryfsalf in)
  • Strekke en oefeninge
  • Flora aanvulling vir derm gesondheid

BONUS: Ons werk steeds met 'n lae kilojoule eetplan en porsies word beheer sodat jy 'n klere grootte of meer kan verloor (3-8 kg) maar steeds die voordele kan geniet van derm-gesondheid en gewig wat jy gaan AFHOU!

Kliek hier om meer te lees.

 

Gesonde Hart en Cholesterol

heart
La Ferm kan jou help om 'n lewenstyl te volg wat jou hart weer optimaal sal laat klop en cholesterol vlakke sal verlaag. Dis 'n lewenstyl eetplan waarmee jy sal kan volhou! As jy hoë bloeddruk of cholesterol het, 'n pre-diabeet is of selfs al 'n hartaanval gehad het, gaan die plan vir jou werk.

BONUS: Natuurlik gaan ons jou gewig laat verloor as jy nie reeds op jou ideale gewig is nie, want obesiteit, onaktiwiteit en rook vererger die die risiko op enige hartvatsiektes.

Hierdie program duur vir 3 weke en die pakket sluit in:

  • 10 punt behandelingsplan
  • 3 Weke eetplan met inkopielys en resepte
  • Oefenprogram bestaande uit strekke en veilige oefeninge
  • La Ferm se Omega 3 aanvuling (90 kapsules)

 Kliek hier om meer te lees.

 

Wees Gesond Swanger

Apple Pregnant
As jy swanger is of beplan om swanger te raak kan jy met 'n geruste hart La Ferm se hand vat en seker maak dat jy jou swangerskap gesond en ingelig deurgaan. Die pakket sluit alles in wat jy nodig het om seker te maak jy en baba is gesond: 

  • 7-dag eetplan met inkopielys en addisionele dieetriglyne
  • Wees Ferm Wees Gesond en Swanger DVD3
  • LaFerm Omega 3 (90 capsules)
  • Kennis tot 'n gesonde swangerskap

 

Kliek hier om meer te lees.

 

Borsvoeding

Apple Pregnant With Baby 1
Geluk met die koms van jou baba en geluk dat jy besluit het om die beste voeding vir jou baba te gee! Saam met La Ferm kan jy ontspan en jou lyf terug kry terwyl jy borsvoed met ons gesonde en gebalanseerde borsvoedingspakket.

La Ferm se praktiese 3 weke Lae GI eetplan, is hoog in oplosbare vesel en vry van gasvormende voedsel produkte wat baba krampies kan gee en winderigheid kan veroorsaak. Met die nuwe besige lyfie in die huis is tyd kosbaar en jy wil nie graag etes mis nie - dan kan jy een maaltyd 'n dag vervang met ons veilige FERM UP skommel. En met DVD 3 oefen jy sommer weer jou lyf ferm sodat jy weer in jou klere voor swangerskap kan pas. La Ferm se 3 weke Borsvoedingsplan gaan seker maak dat baba nutriŅ‘ntdigte moedersmelk kry en dat mamma volgehoue energie het.

Die pakket sluit in:

  • 'n Maklike eetplan met inkopielys en resepte
  • Wees Ferm Wees Gesond en Swanger DVD 3
  • 1x 1kg FERM UP skommel as veilige maaltydvervanger

 

Tiener eetplan

teen
Ons kan jou gesin help om gesonde tieners op die lewenspad toe te rus. Die program sluit alles in wat julle sal nodig kry – die eet- en oefenplan asook 'n motiveringskaart.

Op hierdie ouderdom, is voeding baie belangrik. Dit is die brandstof vir die groeiende en veranderende liggaam en gesonde eetgewoontes word sommer al vroeg gevestig. Besige tieners het gesonde happies nodig by die skool om hulle energie 'n hupstoot te gee, asook breinkos om hulle te help met konsentrasie asook leervermoŅ‘.

Die pakket sluit in:

  • 2 Week eetplan met inkopielys en resepte
  • Effektiewe oefenplan
  • Motiveringskaart

Kliek hier om meer te lees.

 

5:2 Onderbroke Vastings dieet

fruittop

 Jy volg vyf dae lank gesonde, gebalanseerde eetplan. En vas twee dae. Maar die vas beteken nie jy eet niks nie. ‘n Tipiese vasdag behels twee maaltye en ‘n happie tussen in. Jou totale kilojoule inname vir die dag is 2520 kJ’s.  Die eetplan is perfek geformuleer deur dieetkundige vir ’n man of vrou en jy hoef nie resepte uit te dink of te wonder of jy reg vas nie. Alles is gerieflik vir jou op ’n plan.

Ingesluit in die plan:

  • 21dae eetplan met inkopielys en maklike resepte.
  • ’n 21dae oefenplan met oefenkaarte en video’s.  

 

 Kliek hier om meer te lees.

 

 

 

 

Kom vat ons hand op die pad na die gesonder, ligter en fermer jy!

 

Kom vat ons hand

Vind ons hier

My waentjie

 x 

Waentjie leeg